Check hom

Daggarokers – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?

In Is Dit Net Ek Of Is Alles Tos?, Snotstories deur griffin en Chopper CharlieRek jou bek

Ons (griffin & chopper) se boek, Is Dit Net Ek Of Is Als Tos? word hierdie jaar (2018) teen Augustus se kant 10 jaar oud. Om dit te celebrate het ons besluit om alfabeties met die lys af te gaan en ‘n paar topics uit die boek te kies om weekliks hier op Watkykjy te publish, seinde dat ons die regte besit. Dis lekker kort stukkies wat jy op die kakhuis kan lees. Dink daaraan as jou klein zef kakhuisbybeltjie met pitkos vir elke dag… Wel, elke dag tot ongeveer Augustus.

Daggarokers

Ons is nie noodwendig teen dagga nie. Blykbaar kan dit vir pyn aangewend word en in plaas daarvan om te huil, lag mens die hele tyd vir cartoons op televisie en drink baie water. Wat wel bietjie onder die kraag krap is optrede van die gereelde daggaroker.
Nie die thirtysomething besigheidsman wat saans met ‘n glasie Pinot ‘n spliff rol om ondeund te voel nie, maar die full-on mofkop bankie-‘n-dag tiep van daggaroker. Gewoonlik manlik, wit en met lang hare, of nog erger, dreads. Hierdie bra’s beweeg stadifg praat stadig en dink nog stadiger. Maar hulle dink, hoor.
Want een een van die goed wat hierdie ouens so super-irriterend maak is juis dat hulle dink. Daggarokers kom standaard uit met ‘n spul eenvoudige filosieë en langdradige stories. Want hulle het so baie tyd om te “dink”, jy sien. Terwyl hulle stoned is. Want dan sien jy als in perspektief. Man.
Jy “sien” dan die regering wil nie hê mense moet fun hê nie en dat die korporatiewe wêreld eintlik net ‘n gejaag na wind is. Werk is ‘n mors van tyd en mense is slawe. So ‘n hippie-vuilgat mentaliteit wat daarop neerkom dat dit lekkerder is om dagga te rook en rond te lê as om te werk.
Dis briljant.
Persoonlik is ek bly dat ek nie mofgerook moes wees voor ek dit agtergekom het nie. En dat ek nie met sulke halfmas oë en ‘n moerse paplip-glimlag by paarties sit terwyl die wêreld verbydraf nie.
‘n Spliffie nou en dan is seker nie te sleg nie, maar as daar nou een folisofie is wat wel waar is, is dat te veel boom jou kop plat maak.

Loop sit daai Teletubbies af!

Is Dit Net Ek Of Is Al Tos is in 2008 geskryf en uitgegee en daar was so baie copies verkoop dat ons dit in 2009 laat herdruk het. All-in-all is daar nog net so 10 onverkoopte copies oor op aarde en ons sal teen Augustus se kant besluit wat om met hulle te maak. Kort antwoord – dis nie tans te koop nie.

Deel met jou tjommies!

    griffin en Chopper CharlieDaggarokers – Is Dit Net Ek Of Is Als Tos?
    Check hom

    Vat Vyf! Week 24 van 2018 – Fok jou, ESKOM!

    In Wat is nuus? deur PK MalherbeRek jou bek

    1) Ons ou landjie gaan darem van krag tot krag. Except, it doesn’t does it? Na Eskom laasweek besluit het om werkers sulke 0% verhoging aan te bied, het die siedende massa besluit om te staak. En donker tye lê blykbaar voor. Want sien, solank as wat hulle staak en nie-stakers dreig en intimideer, verkoop kerse (die onromantiese tipe) en Koo se Baked Beans soos Bles Bridges plate in Orania. Ten spyte van beloftes van 0% beurtkrag hierdie winter, moes Eskom toe bakhandjie staan en verbruikers vra om hul elektrisiteitsverbruik te verminder hierdie week om die netelige kwessie te probeer vermy. Vakbond, Numsa, het Eskom 7 dae gegee om op eise te reageer of daar sal ‘n nasionale afsluiting van die land se kragstelsel wees. Ons enigste hoop? Die Sokker Wêreldbeker. Miskien sal die krag so bietjie langer aanbly?

    2) Gepraat van sokker, die skouspel het afgeskop met gasheerland, Rusland, se triomfantlike 5-0 oorwinning oor ‘n klomp kombuisvadoeke. Dit nadat Robbie Williams (vra jou Ma) verrigtinge geopen het – vermoedelik omdat hy een keer Russian en chips geëet het of op ‘n Rusbank gedratie het, want hy is so onfokken-Russies soos Klipdrift – so paar liedjietjies gesing het en toe in ‘n kamera ingekyk het en vir die wêreld ‘n middelvinger gewys het. Sulke skok. Sulke walging. Sulke rowwe bliksem. Nou kan ons almal maar nader skuif voor die kassie en regmaak vir die beste acting sedert Tom Hanks retarded was in Forrest Gump. Want die macho werfetters wat die game speel kry mos makliker seer as ‘n tiener met puisies.

    3) Ons “Penvriende van die Week” is Amerikaanse landsburger Donald Trump en Kiem Jong-jygaanrapekak van Noord-Korea. Die twee modefratse het hierdie week ‘n ou kontrakkie onderteken waar Kiem ingestem het om al sy land se kernwapens in die see te gooi en Donald het ingestem om sy ouma se ingelegde koejawel-resep te deel. Of so iets. Trump het toe bygevoeg hy sal “die baie talentvolle” Kiem nooi om by die Withuis te kom kuier “op ‘n gepaste tyd.” En hy sal self ook een dag graag by Kiem se landelike gehuggie in Pyongyang wil gaan inloer. Sulke Brokeback Mountain 2 vibes.
    4) Dit was ‘n fantastiese week vir Suid-Afrikaanse sport. Die moordende Comrades-marathon het plaasgevind en Suid-Afrikaners het in beide die mans- en vrouensafdelings eerste oor die wenstreep gehardloop. Die nuwe Springbokke het ‘n magdom negatiewe moerskonte en kakiedraende karavaankinders verkeerd bewys en hul eerste wedstryd onder ‘n swart kaptein, gewen deur heldhaftig terug te veg toe dit gelyk het of Engeland ons sonder KY deur die ore gaan werk. Ag julle! Ek was laas so trots toe ek na een van Rodney Seale se praatjies die hidden messages kon hoor toe ek een van Queen se plate agteruit gespeel het.

    5) Kyk, as jy ‘n woordeboek nadertrek en die woord “delusional” gaan soek, gaan jy sweerlik Hlaudi Motsoeneng se naam langsaan geskryf sien. Ou Rooi-oog het by ‘n CCMA-verhoor hierdie week laat hoor dat hy uniek is. No shit, Shitlock. Hy challenge mos die besluit waar hy destyds gevra is om sy goed by die SABC te vat en te fokkof. Daar is getuienis aangehoor oor hoe hy die SABC-raad nie geraadpleeg het oor sy besluit om die musiekbeleid te verander na 90% local nie en hoe die besluit die SABC verliese van nagenoeg R300 miljoen in advertensie-inkomste laat ly het. Sy response? Die SABC bevind hulle tans in ‘n geldelike verknorsing juis omdat hulle hom laat gaan het. Delusional. En dit maak jou nie uniek nie pappa… jy is een van baie delusional karakters in hierdie land.

    Asshole.
    Place your ad here

    Deel met jou tjommies!

      PK MalherbeVat Vyf! Week 24 van 2018 – Fok jou, ESKOM!
      Check hom

      Son of Hawk – Son of Hawk

      In Rolbees Reviews deur Rolbees1 Eiertjies

      Hierdie week het ek weer ‘n band onder die mikroskoop wat bittermin tekort aan talent en skills het. Hierdie debuutalbum drop eers in Augustus, so ons sal julle weer later op hoogte hou, maar ek wou bietjie ‘n exclusive review doen vir ‘n change. Noem dit maar ‘n teaze with some rock and roll sleaze! Ek kry soms musiek by bands lank voor die album officially uitgereik word, net sodat hulle my mening kan vra. Dis ‘n moerse eer en befok vir my, maar ek mag dit nooit met enige iemand deel buite Watkykjy nie. Soms wens ek, ek kon dit met almal deel. In hierdie geval het ek uit nuuskierigheid self vir hierdie album gevra en gelukkig toestemming gekry om dit voor die tyd te review. Dis ‘n authorised sneak leak, so to speak. Die hoofsanger en kitaarslaner wat my toestemming gegee het is ‘n bekende (en berugte) figuur in die local heavy metal en rock and roll kringe. Ja, dis niemand anders nie as Lord Wolmer, Heine van der Walt. Ek het Heine leer ken as die Varkgevreethoofsanger en kitaarslaner van Wolmer, Pretoria se Boargazm – ‘n band wat al groot hoogtes bereik het in die metal en festival scene, beide hier en oorsee en ek het gerugte gehoor hulle is besig om aan ‘n nuwe album te werk. I can give you details but then I’ll have to kill you all. Dit gaan net red tape en admin wees.

      Anyways, Heine het Jeffreysbaai toe getrek in 2017 en een aand terwyl hulle in ‘n kroeg onder die prop was besluit om ‘n band te begin, of soos Heine dit tipies beskryf:
      “Toe ek vir so ruk in J-Bay gebly het, het ek en so paar pêlle in ‘n kroeg gesit en besef ons almal speel ‘n instrument en like baie van dieselfde musiek, so toe por ons almal mekaar maar aan om ‘n band aanmekaar te slaan. Daardie aand het die band ontstaan en ons het toe ons eerste vertoning so week of twee later gedoen.”

      André Ludik van Bloem (vocals), Ashley Hilton Jacobs van Slaapstad (bass) en Nathan Combrinck van J-Bay (tromme) het saam met Heine ‘n nuwe journey begin as die band Hawk en hulle het die land begin plat toer. Net so side note: hierdie brasse sal eighties en nineties bands soos Guns and Roses, Mötley Crüe, Nirvana en Red Hot Chili Peppers, back in the day, ‘n goeie PK kon gee met hulle party animal stamina. Jirre, al my belangrikste interne organe kruip so weg in die hoekie. Hulle moes hulle naam verander na Son of Hawk in Januarie vroeër hierdie jaar as gevolg van moontlike regskomplikasies, maar die nuwe naam reference Julian Laxton en Julian Bahula-hulle se rock band Hawk van die seventies. ‘n Respekvolle hat tip in die rigting van dié legendariese pioniers.

      Ek het Son of Hawk (toe nog Hawk) nog net een keer live gesien in Oktober laasjaar by Thrashers in Pretoria maar dit was nog early days. Ek kon die potensiaal in die band sien maar ek het geweet ek moet hulle net so rukkie gee om gevestig te raak voor ek enigiets kwytraak. Son of Hawk en André Ludik se paaie het ongelukkig intussen geskei as gevolg van professionele en kreatiewe verskille en hulle is deesdae ‘n three-piece band maar hulle is oral te sien op die rock circuits van SA.
      Die heel eerste ding wat ek kon hoor op die debuutalbum is dat die musiek tight maar nie over polished is nie. Die tromme is solid en die kitaar is flawless, but in ‘n live kind of way. Dit het my so bietjie ge-baffle aan die begin. Ashley, op die bass, het vir seker ‘n jazz agtergrond en sy bass lines is lekker funky. Dis nie dat ek glad nie van polished albums hou nie. Ek hou miskien net nie van autotuned vocals met timing wat só perfek is dat dit klink of dit siellose androids is wat jam of sing nie. Moderne tegnologie het die recording game meer verander as wat mense, wat niks van musiek af weet nie, dink. Te veel modern rock-albums se produksie hel deesdae oor na die overpolished kant toe. Al wat ek wil hê is dat meer mense ook net weer albums begin waardeer wat nie so overpolished klink nie. Soos in die seventies, eighties en dalk nog nineties die geval was. Kapiche?

      Heine se ouer broer, en rock and roll stalwart, Chris Van der Walt, het die album opgeneem en produce by sy studio in Midrand en ek dink hierdie val squarely onder die kategorie albums waarvoor ek gereeld ‘n pleidooi lewer. Lees nou hierdie in ‘n Lord Wolmer aksent dan sal jy mooi verstaan wat ek bedoel.
      “Yes, die drie van ons het dit live getrack met so paar overdubs na die tyd, geen click. So wat jy hoor is ons wat daar heel natuurlik jam, dis hoe ons klink.”
      So, as jy die album luister van ‘n “live” oogpunt af, gaan jy ‘n goeie experience hê en ook meer respek hê vir hoe moeilik dit is om hierdie tipe musiek so te kan vasvang op ‘n recording, selfs in ‘n digitale (en non-analoog) wêreld.

      Dis nie vir beginners nie, kinders. Meeste van ons moet maar ‘n click-track kap. Cut en paste. Heine se stem is meer versatile as wat ek gedink het – soms klink hy vir my soos ‘n kruis tussen ‘n “goed die moer in” Jim Morrisson, Lemmy en Kobus de Kock Jnr en ander kere soos ‘n baie rasperige Chris Cornell, wat die meer slower tunes aanbetref. Ek hoor nu-metal, blues-rock, ska en swamp boogie in die tunes. Ek dink Heine sal sy voice control nog verbeter soos hulle met die verskillende genres rondspeel en dit vermeng. Hy pas reeds heel natuurlik aan by die multi-genre musiek wat hulle maak. Sien, metalheads kan ook ander musiek speel en waardeer, nê?

      Yeah dis maar ‘n mix van alles wat ons geshape het, vanaf Jack Hammer tot Dead Lucky en alles in between. Ons skryf nie vir ‘n spesifieke mark of target nie, so op die ou einde dial ons maar in op ons sound en probeer kyk wat ons aanleg is. Ons besluit nie dat iets só of só moet klink nie, ons gaan maar net met wat fun is en cool klink vir ons.”

      Die temas waaroor Son of Hawk op die album sing range ook van fun party anthems, “the road” stories, meer persoonlike ondervindings soos soul-searching, break-ups en hook-ups en dit is soms donker, soms pret en soms bevrydend. Ek gaan nie hierdie keer die spesifieke songs noem nie anders spoil ek alles voor die tyd maar ek belowe daar is genuine ‘n lekker verskeidenheid hard rocking, boogie en catchy songs op die album.

      Heine beskryf die tunes eenvoudig as: “’n timestamp van waar en wie ons is op die stadium.”

      Dis vir my lekker om te hoor hoe die nuwer bands eksperimenteer maar ek het so vermoede Son of Hawk sal in die toekoms ‘n meer spesifieke groove kry waarvan hulle hou en op ‘n meer spesifieke sound in-zoom. Of dalk nie? Who knows. Lekker verassings? Wel, hulle het ook ‘n paar bekende top SA musos, wat geen bekendstelling nodig het nie, gekry om op die album te jol: Andre Kriel, Albert Frost, William Tempest Bishop en Jaco Mans. Just to add those extra cherries on top. Jis, ek wens die musiek is al op die download service sites of te koop by gigs sodat julle dit kan hoor maar julle sal maar net moet wag tot Augustus!

      Sorrie!
      Shamepies…

      Watch this space!

      Deel met jou tjommies!

        RolbeesSon of Hawk – Son of Hawk
        Check hom

        Olivia Holt – Woensdag se warm bokkie

        In Warm Bokkies deur griffinRek jou bek

        Olivia Holt is een van die nuwe Disney generation kids wat dit nou, op 21-jarige ouderdom, deurbreek na grootmens- TV en moontlik sterk op pad is na movie-land toe ook. Of sy kan dalk full-on in die popmusiekwêreld ingaan soos tannie Britney, tannie Christina en oom Justin. Syhet reeds so half begin dabble daarin.

        As jy nie kinders het of self familiar is met die Disney XD channel nie, sal jy nie weet dat Oliva Holt in reekse soos Kickin’ It, I Didn’t Do It of Girl vs. Monster was nie. Waar jy haar wel miskien sal raaksien (in ‘n baie meer volwasse rol), is in die rol van Dagger in Marvel se nuwe reeks Cloak & Dagger wat sopas vrygestel is.

        Wat Olivia se discovery tot die TV en -moviebedryf effens meer merkwaardig maak as die usual “spotted a good looking kid at mall”-storie, is dat sy gekies is vir haar eerste groot rol vanweë haar fisiese vermoëns – sy was ‘n kompeterende gimnas.

        Tit-Bits:
        Sy is ‘n goei skaakspeler en was op haar skool se team.
        Sy was ‘n cheerleader – I mean, look at her?
        Olivia het ‘n swart belt karate, so moenie met haar fok nie – dit, gepaardgaande met gymnastics kan groot kak veroorsaak: dubbele salto-bollemakiesie-flying-poeklap-roundhouse-kick. In die ballas.
        O ja, en sy sing ook. Sy is mos ‘n Disney kinners:

        Deel met jou tjommies!

          griffinOlivia Holt – Woensdag se warm bokkie